Finmar Eiendomme, Suid Afrika bied Eiendomme aan wat te koop is in Australië.
Javascript DHTML Drop Down Menu Powered by dhtml-menu-builder.com
Javascript DHTML Drop Down Menu Powered by dhtml-menu-builder.com


Kaart van Australië | Kaart van Queensland

Waarom Queensland?

  • Hoogste bevolkingsgroei in Australië
  • Goeie werksgeleenthede
  • Lae belasting
  • Lae lewenskoste
'n Studie van bevolkingstendense in Australië en Nieu-Seeland deur die rekenmeestersfirma KPMG het bevind dat slegs Phoenix in die VSA 'n hoër bevolkingsgroei handhaaf as die Brisbane- Goudkus-gebied.

Navorsing deur PRDnationwide se kantoor in die Goudkus, Queensland het bevind dat die stad 129 wooneenhede per week benodig om die huidige bevolkingsgroei te kan hanteer.

Sleutelaspekte:

  • Residensiële eiendom is een van die veiligste beleggings wat daar is.
  • Dis 'n universeel menslike behoefte om grond te wil besit.
  • Grondbesit is iets wat nie deur modegiere beïnvloed word nie.
  • Australiese statistiek van die afgelope 100 jaar bewys dat die waarde van eiendom gemiddeld elke 10 jaar verdubbel het.

1. Ekonomie

Dis belangrik om te weet hoe sterk die ekonomie is van die staat of gebied waarin jy wil belê. Australië het 6 state, 2 streke en beskik oor 'n federale regeringsvorm. Infrastruktuur soos paaie, hospitale en skole word deur die regering van die betrokke staat of streek voorsien.

Dis nie net nodig om te weet of 'n staat in die behoefte aan infrastruktuur kan voorsien nie, maar ook hoeveel skuld die staat in die proses aangaan. Van al 6 state hef Queensland die laagste inkomstebelasting en het die laagste lewenskoste.

2) Ontwikkelingsfondse en infrastruktuur

Indien jy 'n suksesvolle belegging in vaste eiendom wil maak, is dit belangrik om te let op areas met goeie infrastruktuur waar reeds geld gespandeer word.

Nuwe paaie, spoorweë of openbare vervoer, hotelle, hospitale en skole is tekens van langtermynontwikkeling, in kontras met eenmalige ontwikkeling soos vir die Olimpiese Spele. Die beskikbaarheid van ontwikkelingsfondse lei ook tot werksgeleenthede.

3) Werksgeleenthede

Werksgeleenthede is seker die grootste rede waarom mense hulle in 'n spesifieke area vestig. Volgens die Tesourie het Queensland sedert Desember 2004 reeds 141 800 nuwe werksgeleenthede geskep, teenoor slegs 16 500 in die res van Australië.

Van al die Australiese streke het Wes-Australië die grootste tekort aan vaardighede. Talle groot opleidingsprogramme word aangepak om hierdie probleem aan te spreek. Lone is hoog. Sweisers ontvang byvoorbeeld tot $70 per uur. Die groot aantal werksgeleenthede lei tot 'n dienooreenkomstige goeie vraag na eiendomme te huur.

4) Bevolkingsgroei

MENSE MAAK WINS

Sonder mense sal die beste eiendom ter wêreld geen wins maak nie. Dis nodig om kennis te neem van die demografie van die gebied waarin jy wil belê. Is daar natuurlike groei, of vind oorsese migrasie of plaaslike migrasie plaas? Hoe volhoubaar is dit?

Die gebied met die hoofste bevolkingsgroei in Australië is die Goudkus in Suidoos-Queensland met 3 keer die nasionale groeikoers. Die gebied met die grootste internasionale migrasie is Wes-Australië.

5) Aanbod versus vraag

  • Of die prys van 'n produk of kommoditeit styg of sak hang af van aanbod versus vraag.
  • Wanneer daar 'n aanbod is, maar min of geen vraag, sak die prys.
  • Wanneer daar 'n vraag is, maar min of geen aanbod, styg die prys.
  • As die winter koel was en winterklere het swak verkoop, sak die prys.
  • As daar 'n tekort aan groente is, styg die prys.
  • Slim beleggers bestudeer die aanbod en balanseer dit met die vraag.

6) Siklusse

Alle aandelemarkte, kommoditeite en eiendom beleef siklusse. Die vermoë om hierdie siklusse te kan voorspel maak sake vir die belegger minder riskant en meer winsgewend. Eiendomsiklusse kan een van vier fases beleef:
  • Die insinking
  • Die opswaai
  • Die piek
  • Die herstel
Dis nie 'n goeie idee om vir die laagtepunt te wag nie, want sonder 'n kristalbal sal jy nooit weet presies hoe laag die insinking gaan wees nie. Dis ook nie lonend om vir die piek te wag nie, want dan gaan jy hoë pryse betaal.

KOOP GEDURENDE DIE OPSWAAI wanneer die mark bewys het dat die laagtepunt bereik is en dat die mark besig is om te herstel.

Indien jy gedurende die piek koop, sal jou eiendom se waarde 'n paar jaar neem om te herstel. Indien jy gedurende die opswaai koop, sal jy self sien hoe jou eiendom se waarde toeneem.

7) Ken die mense

Vraag wissel van area tot area, daarom is dit belangrik om te weet watter "soorte" eiendomme in 'n spesifieke area gesog is. Met ander woorde: jy moet die gebied waarin jy wil belê, ken. Dikwels verbeur beleggers goeie kapitaalwinste deur in areas te koop waar kapitaalgroei en huurinkomste laag is, omdat hulle emosioneel betrokke is by hul aankoop.

8) Huurbestuur

Net soos enige ander belegging kan eiendom so bestuur word dat jou persoonlike betrokkenheid nie nodig is nie. Om 'n eiendom te kies waarvoor daar 'n goeie vraag bestaan, is maar een kant van die saak. Die versekering dat gereelde inspeksies gedoen gaan word en dat die nodige verslaggewing sal plaasvind, is belangrik.

9) Tydsberekening

96% Van alle miljoenêrs in Australië het hul geld uit eiendom gemaak.

Hulle het dieselfde filosofie: hulle laat hulle nie deur persoonlike voorkeure en ander mense se menings lei nie. Selfs wanneer die eiendomsmark in een gebied afkoel, is daar altyd areas wat 'n opswaai beleef. PR Australian Properties doen voortdurend navorsing om te verseker dat ons kliënte te alle tye die maksimum winspotensiaal geniet en nie net gedurende piekperiodes nie.

10) Finansiering van die belegging

Daar is talle verskillende finansieringsopsies wanneer jy in eiendom wil belê. Dis belangrik om jou lening so te struktureer dat dit jou persoonlike omstandighede sal pas. PR Australian Properties sal toesien dat jou verband so gestruktureer is dat jy die beste produk teen die beste koers en met die beste belastingvoordele sal hê.

11) Motivering om te koop

'n Belegging in vaste eiendom kan 'n opwindende en lonende ervaring wees, mits jy besef dat dit 'n belegging is en nie 'n geleentheid vir spekulasie nie. Wees bereid om die belegging 'n paar jaar te laat lê sodat jy voordeel kan trek uit die kapitaalgroei óf die huur as inkomstestroom kan aanwend wanneer jy aftree. Jy sal aansienlike belastingvoordele geniet indien die belegging korrek gestruktureer is.

Verdere inligting:


© Kopiereg 2009/2010 Finmar. Alle regte voorbehou.
Tuisblad | Wie is Ons | Amirage Ontwikkeling | Regatta Ontwikkeling | One Bright Point Ontwikkeling | Sphere Ontwikkeling | Belangrike Faktore | Skakels
Teken in op ons nuusbrief | Wisselkoers-omsetting | Kontak Ons | Engels